DIE KORTLIKSE GESKIEDENIS VAN CLANWILLIAM
DIE BEGIN
As een van die tien oudste dorpe in die land gaan Clanwilliam se begindae so ver terug as 1660 toe 'n span Nederlandse ontdekkers wat deur Jan van Riebeeck uitgestuur is, die Olifantsrivier bereik het. Toe hulle die vallei binnekom, het hulle 'n groot getal olifante op die walle van die river opgemerk. Jan Danckaert, die Nederlandse kadet in bevel van die geselskap, het toe die rivier sy naam gegee.
In 1732 is die eerste plaas in die Olifantsriviervallei gegee aan Pieter van Zyl. Die dorp was eers bekend as Jan Disselsvlei , so genoem na Jan Dissel, 'n plaaslike pionier en 'n botanis wat gewoon het in die Rhenosterbosch by Piquetbergen. Die gebied het aanvanklik deel gevorm van die distrik van Stellenbosch, maar is in 1808 verklaar tot 'n sub-distrik op sy eie deur die Graaf van Caledon, wat toe die Goewerneur van die Kaap was.
'N NUWE NAAM
Op 1 Januarie 1814, het Caledon se opvolger, Sir John Cradock, die streek hernoem na sy skoonvader, die Graaf van Clanwilliam.
AANKOMS VAN DIE 1820 SETLAARS
Lord Charles Somerset (Goewerneur van die Kaapkolonie vanaf 1814) wou hê dat meer mense na die Kaap gestuur moes word en in die Oos-Kaap gevestig word. Hierdie idee van hom het 'n immigrasie skema deur die Britse regering in 1819 tot stand gekom met 'n drie-voudige doel:
* Om die oostelike grens van die Kaap die Goeie Hoop te bevolk
* Om die Engelssprekende gemeenskap in die Kolonie te vergroot
* Om politieke spanning in Brittanje te verlig wat as gevolg van na-oorlogse werklooshied, industrialisasie en swak handel, breekpunt bereik het
Op 12 Februarie 1820 het die skepe "East Indian" en "Fanny" uit Cork gevaar met vier groepe immigrante, hoofsaaklik Iere. Hulle het Simonsbaai bereik op 30 April en 1 Mei respektiewelik. Alhoewel Lord Charles Somerset van plan was om al die Setlaars in die Zuurveld in die Oos-Kaap te vestig, het die dienende goewerneur, Sir Rufane Donkin, besluit om grond in die omgewing van Clanwilliam aan die vier groepe Ierse Setlaars toe te ken om hulle sodoende weg te hou van die ander Setlaars.
Die vier groepe is gelei deur William Parker, Captain Walter Synnot, Captain Thomas Butler en Mnr. John Ingram en het bestaan uit 126 mans, 73 vroue en 159 kinders.
Ds. Francis McCleland, wat deur die Kolonial Regering betaal is, het met hulle saamgegaan, terwyl Parker die leier was.
Elke manlike immigrant ouer as agtien sou eenhonderd akker grond ontvang om te bewerk. Na drie jaar sou eienaarskap aan hulle oorgedra word. Die grond was soos volg uitgemerk vir elke groep:
Parker: Kleine Valley (1 600 morg)
Ingram: Groote-en Kleine Patryse Valley (1 350 morg)
Butler: Taaybosch Kraal (600 morg)
Synnot: Die huidige plaas De Vlei (500 morg)
Toe Parker verneem dat hy na Clanwilliam moes gaan en nie na Knysna nie, soos hy verwag het, het hy aangehou om probleme vir die outoriteite te maak en het ge-eis om in Saldanhabaai gevestig te word, maar hy het uiteindelik teruggekeer na Ierland in 1822. Die res van die Settlaars het besluit om tog na Clanwilliam te trek.
Na 'n kort tydjie in Clanwilliam het die settlaars besef dat hulle nie daar 'n lewe sou kon maak nie. Die bewerkbare grond was nie genoeg nie en die hitte het besproeiing genoodsaak. Die meeste van hulle was in elk geval geskoolde arbeiders en selfs die boere onder hulle het nie die Suid-Afrikaanse omstandighede verstaan nie. Hulle het 'n oorplasing aangevra en is toe na die Oos-Kaap geneem waar hulle gevestig het.
Ingram het nietemin besluit om te bly en hy kon toe die grond van die ander wat weg is, teen 'n baie lae prys aankoop. Synnot het ook gebly en op 30 November 1821 is hy aangestel as assistent-magistraat van die gebied.
In 1825, toe Ds. McCleland slegs ses families in sy gemeente oorgehad het, is hy verplaas na Port Elizabeth.
Die klein groepie wat permanent hier gevestig het sluit vanne in soos Foster, Freyer, Shaw, McMahon, en ander. Al was hulle maar 'n klein groepie, het hulle 'n leidende rol gespeel in die omgewing tot in die eerste helfte van die vorige eeu.
GROEI EN ONTWIKKELING VAN DIE KERK EN DIE GEMEENTE
Tot ongeveer 1826 het Clanwilliam deel gevorm van die dorp Tulbagh, alhoewel 'n gedeelte van die bevolding verkies het om te behoort aan die Zwartlandkerk (Malmesbury).
Vir meer as tagtig jaar was Roodezand en Zwartland die naaste kerke. Dit moet wel vermeld word dat iemand van Tulbagh een keer per jaar Clanwilliam besoek het om die sakramente en die doop bedien.
Marquard is in 1789 in Pruise gebore en het hom op ouderdom 18 in Nederland gevestig waar hy 'n teologiese kursus voltooi het. Hierna is hy na die Kaap die Goeie Hoop gestuur om te gaan werk met die gekleurde bevolking van die Clanwilliam omgewing. Hy het in 1815 van Europa gekom en hom in Clanwilliam gevestig.
Toe die Sendinggenootskap vir wie hy gewerk het besluit het om sy werk onder die beheer van die Londonse Sendinggenootskap te plaas vanaf 1816, was Marquard so ontevrede dat hy hulle diens verlaat het en by die Koloniale Gereformeede Kerk aangesluit het. Hy het 'n lid geword van die Zwartland Kerk, maar het in Clanwilliam aangebly as 'n onafhanklike sendeling.
ONTWIKKELING VAN DIE GEBIED
In 1914 is die Bulshoekdam in the Olifantsrivier gebou, ongeveer twintig kilometer noord van Clanwilliam, met die doel om besproeiing vir Vredendal te verskaf.
In 1935 is die Clanwilliam dam voltooi. Op August 15, 1935 het die dam die eerste keer oorgeloop.
In Junie 1958 is die nasionale pad, die N7, tussen Citrusdal en Clanwilliam finaal ge-open en in 1963 is die pad tussen Clanwilliam en Klawer ge-open.
ONTWIKKELING VAN DIE DORP
Alhoewel aanvanklik baie stadig, het die dorp geleidelik ontwikkel tot 'n moderne plattelandse dorp met 'n bevolking van 264 blankes en 840 gekleurdes in 1907 tot 818 blankes, 1,372 gekleurdes en 24 swartes, volgens die sensus van 1960.
In 1901, het die dorp munisipale status ontvang met Mr. Charles Fryer, een van die afstammelinge van die 1820 Ierse Setlaars, as die eerste burgemeester.
In 1964 het die dorp sy eie dorpswapen ontvang wat die sitrusindustrie en die Olifantsrivier simboliseer. Die dorpsleuse "Toujours Pret" (Altyd gereed) is afgelei uit die familiewapen van die Clanwilliams in Skotland.
Hierdie skilderagtige dorp, die juweel van die Noordweste, het alreeds sedert 1938 sy eie hidro-elektriese generator wat vir die grootste deel van die jaar elektrisiteit voorsien.
In 1958 is dit teen 'n koste van R80 000 vergroot. Ook die dorp se watervoorsieningsskema is in dieselfde jaar verbeter vir 'n bedrag van R42 000.
'n Moderne Gedenkbiblioteek is in 1958 gebou vir 'n bedrag van R20 000. Dit is genoem na Dr. C. Leipoldt, wat sy kinderjare in die dorp deurgebring het, en sy vriend, Dr. P. le Fras Nortier, die vader van die pitlose lemoenboom.
CLANWILLIAM TOURISM
+27 27 482 2024
bookings@clanwilliam.info
CLANWILLIAM TOURISM OFFICE
Contact us for more information: 027 482 2024 or e-mail
EMERGENCY NUMBERS
Police - 027 482 8181
Hospital - 027 482 2166
Clinic - 027 482 1692
Dr. Strauss - 027 482 1629
Dr. Uys - 027 482 2111
Pharmacy - 027 482 1226
Fire Department - 027 482 1775
Ambulance - 027 482 2576
Cederberg Medical Rescuers - 10177
Veterinarian - Dr. Degenaar - 082 890 1181
Web hosting & design
www.aarbei.co.za